Modulekode | NFE 700 |
Kwalifikasie | Nagraads |
Fakulteit | Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie |
Module-inhoud | Hierdie module ondersoek kwaliteitsversekering en -beheer in sweisvervaardiging, en stel die student bekend aan verskeie standaarde en vervaardigingskodes wat in die sweisbedryf gebruik word. Meting, beheer en vaslegging van data tydens sweising, die beginsel van geskiktheid-vir-diens, sowel as gesondheid en veiligheid word aangespreek. Beheer van resspannings en distorsie tydens sweising, nievernietigende toetsing, herstelsweis en die ekonomiese aspekte van sweis word bespreek. Hierdie module ondersoek ook die uitleg van aanlegte en werkswinkels, die gebruik van setmate en inklemming. Spesiale klem word geplaas op die ontwerp en implementasie van sweisprosedures, die kwalifikasie van sweisprosedures en kwaliteits-beheerplanne. ’n Aantal gevallestudies word ondersoek. |
Modulekrediete | 30.00 |
Programme | |
Voorvereistes | Geen voorvereistes. |
Kontaktyd | 48 kontakure per semester |
Onderrigtaal | Module word in Engels aangebied |
Akademiese organisasie | Materiaalkunde en Metallurgies |
Aanbiedingstydperk | Jaar |
Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App